Voetspore Krieket, Kerrie en Gandhi
Wat begin het as ’n reis wat opgeneem is vir die Voetspore in Indië-televisiereeks, het uitgeloop op ’n boek Krieket, kerrie en Gandhi. Alhoewel ’n tegniese span Johan Badenhorst soos gebruiklik vergesel het, het net hy en sy seun, Streicher, elke dag in die saal van ’n motorfiets geklim, wat gesorg het vir ’n onvergeetlike pa-en-seun-reis. Johan skryf in sy kenmerkende gemaklike styl oor Indië, maar delf ook dieper, in die verlede én die toekoms. Die Indiese subkontinent het hom uitgedaag om na te dink – oor ouerskap, armoede, godsdiens en vele meer. Dit is wat ’n mens kan verwag van ’n pa en seun, twee motorfietse en drie maande in Indië.
PRODUCT DESCRIPTION
PRODUCT DETAILS
SHIPPING
RETURNS AND REFUNDS
MORE GEAR THAT TRAVELS WELL