{"title":"Books","description":"\u003cp data-start=\"1011\" data-end=\"1152\"\u003eShop Voetspore travel books, cookbooks and adventure stories inspired by years of African overlanding, road trips and real travel experience.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"voetspore-agulhas-tot-alexandrie","title":"Voetspore Agulhas tot Alexandrie Dagboek","description":"\u003cp dir=\"ltr\" role=\"presentation\"\u003e\u003cspan\u003e'n Kleurvolle en hoogs interessante dokumentasie van die bekende Voetspore-span se sewende reis deur ongenaakbare dog asemrowende Afrika.\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eIn hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit is 'n plakboek propvol asemrowende foto's deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirant reisiger.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806697918697,"sku":"VSB07","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/b8f69cd1-7163ee_d979dec8923341e396c717f814e2a692_mv2.png?v=1775654017"},{"product_id":"voetspore-op-die-ewenaar","title":"Voetspore Op Die Ewenaar","description":"\u003cp dir=\"ltr\" role=\"presentation\"\u003e\u003cspan\u003eVoetspore op die ewenaar vertel van Johan Badenhorst en sy Voetspore span se agtste reis deur Afrika. Hierdie keer pak hulle 'n reis op die ewenaar aan: 'n reis wat begin in Kenia, kronkel deur Uganda en eindig in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Soos gewoonlik het die Voetspore manne geen tekort aan avontuur, en hierdie keer selfs aan gevaar, nie. Hulle ontmoet president Barack Obama se ouma in Kenia, klim 'n deel van die Ruwenzoriberge in Uganda, bring 'n dag by die pigmee by Epulu in die DRK deur en sluit die reis af met 'n onvergeetlike bootvaart op die Kongorivier.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806697885929,"sku":"VSB08","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/5700f846-7163ee_140bb820767349b9917eea371ab9ba70_mv2.png?v=1775654017"},{"product_id":"voetspore-casablanca-tot-die-kaap","title":"Voetspore Casablanca tot die Kaap","description":"\u003cp dir=\"ltr\" role=\"presentation\"\u003e\u003cspan\u003eŉ Dagboek, 'n kookboek, 'n notaboek ... 'n verslag van 'n tog af teen die westekant van Afrika. Van Casablanca tot die Kaap is Johan se dagboek - die verslag van Dag 1 tot Dag 94.\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eBekende televisie persoonlikheid, program vervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetspore span uit Casablanca, Marokko. Die ses manne (in drie 4x4-voertuie) se doel is om in minder as 100 dae na Kaapstad te reis - om 'n weg te baan af teen die westekant van Afrika. Die reis neem hulle deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reënwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande wee van die Suide. Hulle trotseer uitdagings soos min, maar ontdek in die proses magiese stede soos Fes, Oudane, Timbuktu, Agadez, Kano, Limbe en Fanceville en reis dan kuslangs in Angola waar Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word gekruis by Sendelingsdrift en van Alexanderbaai reis hulle saam met familie en vriende tot hulle eindelik hul doel bereik: Kaapstad.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806697853161,"sku":"VSB06","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/8d1e3777-7163ee_f887de413ec54af6a5963f914fa546d8_mv2.png?v=1775654017"},{"product_id":"visa-reisgids-1","title":"ViSA Reisgids 1","description":"\u003cp\u003e\u003cmeta charset=\"utf-8\"\u003e\u003cmeta charset=\"utf-8\"\u003eIn 2019 het die Voetspore manne hulle dertiende ekspedisie aangepak. Hierdie keer het hulle hul paspoorte by die huis gelos en net in Suid-Afrika gereis. Hulle het begin in die Kalahari en reis deur die Richtersveld en Namakwaland, draai dan oos na die Tankwa- en Klein-Karoo voor hulle Baviaanskloof verken. Daarna is dit langs die Wildekus en oor die Drakensberge na die slagvelde van KwaZulu-Natal en dan verder Noord om die weggesteekte wildernisgebiede van Mpumalanga en Limpopo te ontdek. Hulle reis al langs die grens van Botswana, draai dan terug na Van Zylsrus en Askham en voltooi die sirkelroete in die Kalahari en terug na die Kalahari.\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806697820393,"sku":"VISA13","price":319.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/8f2f4156-7163ee_2a6bd6514410434ba91aa5303fc07d77_mv2.png?v=1775654017"},{"product_id":"krieket-kerrie-en-gandhi","title":"Voetspore Krieket, Kerrie en Gandhi","description":"\u003cp dir=\"ltr\" role=\"presentation\"\u003e\u003cspan\u003eWat begin het as ’n reis wat opgeneem is vir die Voetspore in Indië-televisiereeks, het uitgeloop op ’n boek Krieket, kerrie en Gandhi. Alhoewel ’n tegniese span Johan Badenhorst soos gebruiklik vergesel het, het net hy en sy seun, Streicher, elke dag in die saal van ’n motorfiets geklim, wat gesorg het vir ’n onvergeetlike pa-en-seun-reis. Johan skryf in sy kenmerkende gemaklike styl oor Indië, maar delf ook dieper, in die verlede én die toekoms. Die Indiese subkontinent het hom uitgedaag om na te dink – oor ouerskap, armoede, godsdiens en vele meer. Dit is wat ’n mens kan verwag van ’n pa en seun, twee motorfietse en drie maande in Indië.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806698017001,"sku":"VSKKG","price":229.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/e8bb06e5-7163ee_db7f153d6510491e98b03ea23a406af6_mv2.png?v=1775654017"},{"product_id":"voetspore-kookboek","title":"Voetspore Kookboek 2","description":"\u003cp dir=\"ltr\" role=\"presentation\"\u003e\u003cspan\u003eJohan Badenhorst en span het onlangs hul agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank betref. Johan en sy vrou, Almal, put uit ondervinding wanneer hulle die eenvoudige maar watertandlekker resepte met jou deel. Alles word gemaak van een goed uitgewerkte inkopielys; jy koop net die vars produkte langs die pad aan soos jy kan. Hoogtepunte om die honger avontuur te versterk sluit in Keniaanse vermicelli brood, pangebraaide oesters, hoender-flambé met whiskey, Cajun-kabeljou en natuurlik iets vir die soettand. Al die resepte dui die bereidings, en gaarmaaktyd aan sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig en paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, noodwiel en sleeptou.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806698180841,"sku":"VSKOOK02","price":209.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/13034dca-7163ee_1d15a1fdef30493a89a1eed202f02558_mv2.png?v=1775654017"},{"product_id":"visa-reisgids-2","title":"ViSA Reisgids 2","description":"\u003cp dir=\"ltr\" role=\"presentation\"\u003e\u003cspan\u003eSuid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetspore span weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef. Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika.\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eVan daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Voetspore Online Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50806698213609,"sku":"VISA2","price":319.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0801\/0783\/1529\/files\/7803e4d4-7163ee_9a3e45e2171a4a8eae2aca7adf512a47_mv2.png?v=1775654017"}],"url":"https:\/\/voetsporeonline.co.za\/collections\/books.oembed","provider":"Voetspore Online Shop","version":"1.0","type":"link"}